Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SARL-NUUS – SONDAG 14 JUNIE 2009

U luister na ZS6SRL, die amptelike radiostasie van die Suid-Afrikaanse Radioliga, die nasionale vereniging vir amateurradio in Suid-Afrika, met 'n nuusbulletin wat elke Sondag om 08:15 SAT in Afrikaans en om 08:30 SAT in Engels uitgesaai word. Oudio is ook beskikbaar via die web: www.sarl.org.za. Klik op ARMI en volg die skakels soos aangedui. Vir oudio via Echolink, koppel met ZS0JPL-R.
Hierdie en vorige bulletins kan van www.sarl.org.za afgelaai word en u kan ook daar inteken om toekomstige bulletins per e-pos te ontvang.
U nuusleser is (naam en roepsein), op 145,725 MHz vanuit Pretoria, met herleidings op 28,325, 14,235, 10,130, 7,066 en 3,695 MHz ESB, asook op 52,750, 438,825 en 1 297 MHz FM in die Pretoria-gebied. (Ander nuuslesers verander soos toepaslik.)

In die nuus vandag:

GROTER 40 METER BAND UITEINDELIK HIER

VOLGENDE INTEGNET HANDEL OOR OPTIESE KOMMUNIKASIE

MOENIE DIE RTA IN PORT ELISABETH VOLGENDE SATERDAG MISLOOP NIE

KOMPETISIE VANMIDDAG OM UITBREIDING VAN DIE 40 METERBAND TE VIER

U luister na ZS6SRL. Bly ingeskakel vir meer besonderhede oor hierdie en ander belangrike en interessante nuusitems.

GROTER 40 METER BAND UITEINDELIK HIER

Verlede Woensdag is die uitbreiding van die 40 meter-band in die Staatskoerant aangekondig. Alle Suid-Afrikaanse radioamateurs het nou volle toegang tot die spektrum 7 000 kHz – 7 200 kHz. Die korreksie van die ZR-toekenning in die 20 meter-band is ook gepubliseer. ZR-lisensiehouers het nou toegang van 14 225 tot 14 350 kHz.
Die SARL het in Februarie 2008 met OKOSA begin onderhandel. Dit was ’n lang proses maar het uiteindelik vrugte afgewerp. “Hierdie is die voordele wat alle radioamateurs geniet aangesien die SARL die nasionale liggaam vir amateurradio in Suid-Afrika is. Dit is ‘n jammerte dat daar steeds radioamateurs is wat nie lede van die SARL is nie, en altyd vra wat die SARL vir hulle sal doen indien hulle aansluit,” het SARL-President Rassie Erasmus, Z1YT, gesê. Hy was die eerste om ’n QSO te hê met ZS6AKV op 7 150 kHz.
Hierdie is die eerste van ’n reeks aangeleenthede waaraan die SARL met OKOSA saamwerk.
Die nuwe 40 meter IARU-bandplan is op die SARL se webwerf beskikbaar, volg asseblief hierdie bandplan.
Daar is steeds heelwat kommersiële stasies in die nuwe amateursegment. Die IARU-moniteringsdiens werk daaraan en u kan help deur besonderehede van die indringers te log. Inligting soos die stasie se ID, frekwensie en tyd wanneer gehoor, is uiters nuttig en moet gestuur word aan secretary@sarl.org.za.

VOLGENDE INTEGNET HANDEL OOR OPTIESE KOMMUNIKASIE

Hoe sal u daarvan hou om te kommunikeer met gebruik van net ‘n paar lig-diodes? Sluit aan by ons volgende SARL-Integnet op Sondag 28 Junie om 19:30 wanneer ons oor die horison optiesie kommunikasie gaan bespreek.
’n Groep Australiese radioamateurs, Rex Moncur, VJK7MO, Justin Giles-Clark, VK7TW, en Ken Sulman, VK7DY, eksperimenteer met optiese kommunikasieapparaat en het onlangs 209 km bereik met die digitale modus JT65a deur middel van wolkweerkaatsings van rooi lig op ’n frekwensie van 478 Terahertz. Hulle het veelvuldige LED's gefokus deur klein plastieklense (soos wat in flitse gebruik word) as sender en ’n groot area “avalanche” fotodiode-ontvangerte gebruik. Rex Moncur, VK7MO, sluit op 28 June by ons aan om hul ondervinding met ons te deel.
Klubs wat wil deelneem en hul herhalers wil koppel moet ’n e-pos stuur aan armi@sarl.org.za met die telefoonnommer wat gekoppel moet word.

MOENIE VOLGENDE SATERDAG DIE RTA IN PORT ELISABETH MISLOOP NIE

Die SARL se Radiotegnologie-in-Aksie-Simposium word op Saterdag 20 Junie in Port Elisabeth aangebied. Registrasie begin om 08:00. Geniet die gasvryheid van die Port Elizabeth Amateurradiovereniging en ’n reeks sprekers deur die SARL gereel om ’n wye verskeidenheid onderwerpe te dek. U sal die program op www.sarl.org.za vind. Dit is ’n dag in die amateurradiokalender wat u nie moet misloop nie.

KOMPETISIE VANMIDDAG OM UITBREIDING VAN DIE 40 METERBAND TE VIER

Die Boland Amateurradioklub reel vanmiddag, Sondag 14 Junie 2009, ’n kompetiese om die uitbreiding van die 40 meter band te vier.
Die Bolandkompetisie is oop vir alle radioamateurs in Suid Afrika. Slegs kontakte in die nuwe ESB-kompetisiesegment 7 130 - 7 200 kHz sal tel. Die kompetise vind plaas vanaf 14:00 tot 16:00 SAT (let op die tydverandering).
Die puntetelling is as volg: 1 punt vir elke kontak en 5 punte vir ‘n kontak met ZS1BAK. Logs moet per pos of e-pos gestuur word en moet die kompetisiekomitee binne 14 dae na die kompetisie bereik. Die e-posadres is zs1bak@bark.org.za en die posadres is Posbus 273, Strand, 7139. Sertifikate sal aan die deelnemers met die drie hoogste tellings toegeken word.

JEUGDAGNAELLOOP

Die Jeugdagnaelloop is ‘n pretaktiwiteit om Jeugdag te vier en om kontakte tussen jong radioamateurs in Suidelike Afrika te bevorder. Roep “CQ Jeugdag” op 16 junie tussen 0800 en 10:00 UTC (10:00 en 12:00 SAT).
Dit is ‘n wedloop in die spraak alleen gedeeltes van die 40 meterband dws. 7,053 tot 7,100 en 7,130 tot 7,200 MHz, en die uitruiling is ‘n RS-verslag en die operateur se ouderdom.
Puntetelling per kontak ias as volg:
Tussen stasies beide in die ouderdomsgroep 25 jaar en jonger: 5 punte;
Tussen stasies onder 25 jaar en oor 26 jaar: 2 punte;
Tussen stasies 26 jaar en ouer: 1 punt.
Logstate en opsommings sal voor 1 Julie per e-pos gestuur word aan hfcontests@netactive.co.za of per slakkepos aan SARL Jeugdagwedloop , Posbus 12104, Brandhof, 9324. Die ouderdom van die operateur moet in die opsomming vermeld word. Al die logstate wat ontvang word sal ingeskryf word in ‘n trekking vir ‘n Studentelidmaatskap van die SARL.
Pryse sal slegs toegeken word aan deelnemers in die onder 25-kategorie, en die is:
Hoogste puntetelling: ‘n sertifikaat en ‘n ARRL-bedryfshandboek;
2de plek:‘n sertifikaat en ‘n 40 m-ontvangerboustel;
3de plek: ‘n sertifikaat en ‘n weerligvoorspellingsboustel.
Bo hierdie, alle deelnemers van 25 jaar en jonger wat logstate ingestuur het, sal ‘n volkleursertifikaat ontvang en sal deelneem aan die gelukkige prystrekking vir ‘n draadlose mikrofoonbboustel, (5 kanse).
Nog verder, alle deelnemers wat ‘n volkleur, hoëresolusie foto met hulle log instuur, sal deelneem aan ‘n aparte gelukkige trekking vir ‘n 2009 ARRL-handboek. Die fotos moet in jpeg-formaat op ‘n CD inge3sdtuur word, of apart van die log ingestuur word aan armi@sarl.org.za tesame met die roepsein en “Youth Sprint” in die onderwerplyn. In die boodskapgedeelte moet die naam, roepsein van die persoon in die foto, ouderdom en volle adresbesonderhede verskaf word.
Stasies word aangemoedig om ‘n jong, ongelisensieerde persoon na sy hok uit te nooi en om hom/haar toe te laat om sy stasie onder sy toesig, en met gebruik van sy roepsein, te bederyf. Hierdie is belangrik om vir die trekking nte kwalifiseer.
Alle stasies wat in hierdie kategorie deelneem, sal ingeskryf wees vir die gelukkige trekking vir een jaar gratis lidmaatskap ven die SARL. Deur ‘n logstaat in te stuur sal ‘n stasie outomaties as ‘n opvoedkundige stasie geregistreer wees en wat aan die jeugdagwedloop deelneem. Dit is met OKOSA ooreengekom en daar is geen papierwerk aan verbonde nie.
Alle ander navrae aangaande die jeugdagwedloop moet gerig word aan Gerhard Coetzee, ZS3TG, by 082 5766 296 of e-pos aan zs3tg@vodamail.co.za.

KOMPETISIE-UITSLAE

Die volgende is die uitslae van die AWA se Buisradio QSO-geselligheid vir AM en ESB op Saterdag en Sondag die 9de en 10de Mei 2009.

AM:
Eerste Plek – Jan, ZS4JAN, 178 punte;
Tweede Plek – Andre, ZS2ACP, 132 punte;
Derde Plek - Rad, ZS6RAD, 117 punte.

ESB:
Eerste Plek – Jan, ZS4JAN, 282 punte;
Tweede Plek – Theunis, ZS2EC, 80 punte;
Derde Plek - Vince, ZS6BTY, 74 punte.

Daar was 66 stasies aktief in die AM-afdeling, 93 in die ESB-afdeling en 12 logstate is ontvang. Ons dank aan almal wat deelgeneem het en geluk aan die toppresteerders.

KLUBNUUS

Die Overberg Amateurradioklub gaan by die Hermanus Magnetiese Observatorium om 10:30 op 20 Junie vergader. Lindsey Magnus, ZS1LGM, gaan een van sy interessante toesprake lewer. Daarna sal die gebruiklike bring-en-braai plaasvind. Nie-lede is ook almal welkom. Kontak vir ZS1AZ op 072 729 1680 vir vêrdere besonderhede.

Tydens die afgelope AJV van die Durban Amateurradioklub is die volgende komitee verkies:

Voorsitter Louis de Bruin, ZS5LP;
Ondervoorsitter Dave Long, ZS5FR;
Sekretaris Laurie Devereux, ZS5DL;
Lede John Norman, ZS5JX;
Glen Duffy, ZS5GD;
Neil Slogrove, ZR5NAS;
Charley du Pont, ZS5DU.

HF-VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, rapporteer dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak die komende week baie laag gaan wees. Die geomagnetiese veld sal oor die algemeen kalm wees. Die voorspelde effektiewe sonvlektelling sal gedurende die komende week minder as 5 wees. Gedurende die afgelope week was daar geen sonvlekke nie en daar word verwag die gebrek aan sigbare sonvlekke vir 'n rukkie sal voortduur.
Met winter hier is die hoeveelheid energie van die son wat die Suidelike ionsofeer bereik besig om verder af te neem. Dit het 'n merkbare effek op die HF-toestande. 15, 17 en 20 m is nog steeds die beste keuses vir DX. Gedurende die middae gaan die toestande na die Ooste en die Weste goed wees.
Gedurende laatmiddag en die aand gaan toestande na die Noorde goed wees. Vroegoggend is daar 'n moontlike kans om kontakte met Australië en Nu-Zeeland te maak. Gedurende die aand is daar 'n moontlikheid van 40 m-kontakte met Brasilië. Noordoostelike, Noordwestelike, Suidoostelike en Suidwestelike paaie gaan uitdagend wees. Langpadvoortplanting na die VSA is ook gedurende die middag moontlik.
10 MHz lyk laatmiddag en na sononder bruikbaar vir die Morsekode- en digitale entoesiaste.
Plaaslike toestande gaan gedurende die dag op 40 m goed wees. 80 m behoort gedurende vroegoggend en laatmiddag goeie resultate oor die korter afstande, byvoorbeeld tussen ZS5 en ZS6, te lewer. 30 m sal gedurende die middel van die dag goeie resultate tussen ZS6 en ZS1 lewer.
Saans is 80 m die beste keuse. Ongelukkig is die geraasvlakke agv. statiese ontladings nog bietjie hoog wat uitdagings bied.
Onthou dat hierdie net 'n voorspelling is en dat HF u aangenaam kan verras. Skakel u stel aan, luister en roep ook CQ om seker te maak dat u deel van die opwinding is.
Besoek gerus www.spaceweather.co.za vir meer inligting.

DAGBOEK VAN GEBEURE

14 Junie – BARK 40 meter banduitbreiding kompetisie;
16 Junie – Jeugdagnaelloop en ERB klubvergadering;
17 Junie – Wêreld-QRP-dag;
17 tot 21 Junie – SARL se 160-m-QSO-geselligheid;
20 Junie – Radiotegnologie-in-Aksie in Port Elizabeth;
27 Junie – Magalies Radioamateurklub se snuffelmark;
28 Junie – Digitale kompetisie en Integnet.

kortgolfluisteraars van belang is, in te stuur. Plaas nuusberigte, indien moontlik, in beide Afrikaans en Engels op www.sarl.org.za/newsinbox.asp, nie later nie as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan. Moet asb. nie nuusberigte aan die Administratiewe Beampte of direk aan een van die bulletinsamestellers stuur nie – die kanse is goed dat u berig gemis sal word en nie in 'n bulletin ingesluit word nie.
Die SARL nooi u ook om te luister na die program Amateur Radio Mirror International, wat om 10:00 SAT op 145,750 MHz in die Pretoria-gebied uitgesaai word, met herleidings op 7 082, 7 205 en 17 860 kHz. Daar is ook 'n podcastuitsending waarna geluister kan word. Vir oudiostrome en Echolink deur ZS6FCS, besoek www.sarl.org.za, klik op ARMI en volg die skakels. 'n Heruitsending vind Maandagaande om 21:00 SAT op 3 215 kHz plaas. Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.
U het geluister na 'n nuusbulletin van die Suid-Afrikaanse Radioliga wat deur Roger, ZS3RC, opgestel en deur George, ZS6NE geredigeer is.

Dankie dat u geluister het. 73.

/EX.


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003